Kapitaliste en Politici Skuldig! Stop Polisie Brutaliteit.
Geen Geregtigheid, geen vrede. Weg met Zuma, weg met Malema, Weg met Lonmin!
Die Grondwet maak voorsiening vir politieke regte en gelykheid. Dit is egter duidelik dat die base en politici maak soos hulle wil. Hulle loop oor die mense. Dit is duidelik in die polisie moorde van die stakers by Lonmin se Marikana myn.
A4 double-sided Flyer [Afrikaans]
Download here
Wie se regte?
Mense, staar die realiteit in die gesig! Die ANC regering en groot kapitaliste is in beheer. Die sisteem maak die ryk en magtiges ryker en meer magtig.
Die werkers en die armes is dié wat lei. Ons het geen beskerming nie. Ons werk, maar ons kan nie oorleef nie. Voedselpryse is besig om te styg. ESKOM is aan die styg. Ons moet betaal? Met wat? Wanneer ons protesteer dan word ons geskiet.
ANC/Staat + Base/Maatskappye = Venote
Die state gebruik brutale geweld teen die meerderheid Ons protesteer, maak ons besware bekend. Dit is ons reg. Ons sukkel om te oorleef. Dus veg ons teen die elites: dié wat die regering en die wat maatskappye beheer (soos Lonmin).
Maar ons stemme word met koeëls stilgemaak.
Terwyl ons nie onkrities saamstem met al die aksies van die Marikana werkers nie, staan ons altyd saam met die werkersklas en armes teen die staat en die kapitaliste.
ANC Jeugliga = ANC = Marikana Bloedbad
Die ANC het beloof om die sisteem te verander. In plaas om hul belofte na te kom, het die ANC deel van die sisteem geword. Deur krities te wees van die Nasionale Party (NP) se onderdrukking, het die ANC aan bewind gekom. Die NP het werkers vermoor. Nou vermoor die ANC werkers.
Die ANC Jeugliga het geen gronde waarop hul die polisie se moorde kan veroordeel nie (Sien hul verklaring 17 Augustus 2012). Die ANC Jeugliga is deel van die regerende ANC regime.
Malema en die ander geskorste ANC Jeugliga leiers wil hierdie gebeure gebruik om hul posisies in die ANC terug te wen – om ryk te word. Maar die ANC se hande is gevlek met bloed.
Die ANC Jeugliga leiers van die verlede en die hede (soos alle ANC leiers) wil meer geld hê, nie meer vryheid vir die mense nie.
Kapitalisme: Nee Dankie!
Kalitalisme is ‘n sisteem gekenmerk aan brutaliteit en uitbuiting, en leiding. Die swart, Kleurling en Indiër werkersklas se lewens word gedetermineer deur die erfenis apartheid onderdrukking en van die alledaagse kapitalistiese en polisie onderdrukking (repressie). (Selfs die wit werkersklas word uitgebuit en onderdruk).
Kollektivisering nie Nasionalisering
Die ANC Jeugliga gebruik die ANC moorde om die argument te maak vir die “nasionalisering van die myne en ander strategiese sektore van die ekonomie”. Maar Marikana wys die ware aard van die staat/regering, ongeag van watter party: ʼn bloeddorstige moordmasjien wat die belange van die ryk swart en wit regerende klas dien.
Werkers se beheer van die ekonomie beteken nie private maatskappye (privatisering) of staatsmaatskappye (nasionalisering) nie. Dit behoort te beteken dat die mense demokratiese beheer het van die ekonomie deur werker en gemeenskapskomitees, wat mense se behoeftes dien.
Die Polisie kan nie verander word nie
Die rol van die polisie is om die werkersklas en armes te onderdruk en stil te maak. Kommissies en ondersoeke kan nie die probleem oplos nie. Vra Andries Tatane se familie. Verkiesings kan nie die probleem oplos nie. Onthou Sharpeville 1960, Soweto 1976, Uitenhage 1985, Michael Makhabane in 2000, SAMWU werkers in 2009, Andries Tatane 2011…Marikana 2012. Ten minste 25 protesteerders en stakers was doodgemaak vanaf 2000 voor Marikana.
Mense Mag, nie Verkiesings en Partye nie
Kyk na Marikana. Verkiesings verander nie die sisteem nie. Deur by die regering aan te sluit en deur ʼn politikus te word, is nie die oplossing nie. Om Zuma met ʼn ander ANC leier te vervang is nie die oplossing nie. ʼn Nuwe politieke party – selfs ʼn “linkse” of “werkers” party – is nie die oplossing nie. Politieke partye is nie die oplossing nie.
Vakbonde: Word Wakker!
Die Marikana vakbonde, NUM en AMCU, het in die strik van die regerende klas getrap. Hulle het teen mekaar geveg in plaas van die regte vyand. Eenheid is krag: moenie verdeeld en regeer word nie. Werkers van die wêreld staan saam! Werkersklas van al die lande en rasse staan saam!
Beëindig die alliansie! COSATU behoort geen bande met die bloedbevlekte ANC te hê nie.
Anargisme = CounterPower
Dit is tyd om die kapitalistiese / staat sisteem te vervang met die Teenpool van die mense. Dit beteken ons wil hê dat werkers en die gemeenskap in beheer is van die ekonomie. Ons dring aan op die demokratiese en self bestuur van industrieë deur werkers in die werksplekke; ons dring aan op self regering van gemeenskappe deur die wat in die gemeenskap woon. Ons wil kollektief besluit hoe om ons lewens te lei. Ons weier om te leef volgens reëls wat deur base en politici gedetermineer word, wat die polisie gebruik om ons soos honde te skiet as ons nie gehoorsaam is nie.
DAAR IS EEN OPLOSSING: WERKERSKLAS DEMOKRASIE!
ONS HET JOU NODIG! MOENIE STEM NIE, MOBILISEER!
As jy saamstem met hierdie idees of meer wil weet van anargisme:
Skakel 072 399 0912 of epos zacf@riseup.net
Uitgereik deur
Tokologo Anargistiese Kollektief / Zabalaza Anargistiese Kommunistiese Front / Inkululeko Wits Anargistiese Kollektief